Lede

....................................................
 
Gallery

....................................................
 
Nuus

....................................................
 
Veilings

....................................................
 
Raad Oor...

....................................................
 
Waardetoevoegende Verhoudings

....................................................
 
Bonsmaras te Koop

....................................................
 
Veiling Uitslae

....................................................
 
Skakels

....................................................
 
Advertensies

....................................................
 

 
 

 
Jacusta Bonsmaras
[Terug na ledelys]
 
Naam: JPL Snyman
Kontak Nommer: 082 375 2524
Epos: hennie@paradigm-sa.co.za
Adres: Posbus 29484, Danhof, 9310

Jacusta Bonsmaras bestaan reeds vanaf 1972. Die kudde is begin op die plaas Kareelaagte in die Zeerust-omgewing, baie na aan die Botswana grens. Aanvanklik is met Afrikanersbeeste en Dorperskape geboer. Die kudde verskuif in 1981 na Noordwes in die Hartbeesfontein-omgewing a.g.v. die destydse grondkonsolidasie-beleid. Die boerdery is in 1989 uitgebrei na die Vrystaat en wel in die Lindley-omgewing. In 2005 is dit vanaf Lindley na Brandfort verskuif. Die kudde word tans vanuit Harbeesfontein en Brandfort bedryf.

Beide plase is tipiese doringveld. Die weiding is oorwegend soet tot gemeng, asook permanente aangeplanteweiding.   

Die boerdery bestaan net uit veeboerdery en die Bonsmarastoet bestaan tans uit 238 produserende diere. Ons boer ook met kommersile Bonsmaras.

Die stoet is begin deur ons pa, wyle Kosie Snyman. Die twee seuns wat van die begin af gemoeid is met die beesboerdery is Hennie en Willie, terwyl Koos (die oudste broer), met die aftrede van pa Kosie in 1993 ook betrokke geraak het. Willie is verantwoordelik vir die bestuur en administrasie van die stoet.

Die groot belangstelling in die Bonsmarabeeste het gekom terwyl Hennie aan UP studeer het. Hy is bevoorreg om in die laaste amptelik klas van wyle prof. Jan Bonsma te kon wees. Die ras het Hennie so bendruk dat hy pa Kosie in 1968 oorreed het om Bonsmarabulle op sy Afrikanerkoeie te gebruik. Dit het gelei tot die registrasie vier jaar later van die Jacusta Bonsmara stoet.

Jacusta Bonsmaras is n kudde met uitstaande vrugbaarheid met n TKP van 388 dae. n Sterk punt van die kudde is dat ons poena Bonsmaras teel. Daar is tans n groot aanvraag vir poena Bonsmarabulle, hoofsaaklik weens die feit dat poenas insette verlaag.

Ons streef daarna om geharde en aangepaste teelmateriaal aan die bedryf beskikbaar te stel. Ho vrugbaarheid is n prioriteit met ons seleksiedoelwitte. Verse word alreeds op 14-16 maande net vir 63 dae gepaar. Vroulike diere wat nie binne negentig dae dekperiode herbeset raak nie, word uitgeskot. Die kudde spog met n speenpersentasie bo 95%. Nog n sterk punt van die kudde is die ho melkproduksie wat gehandhaaf word met mediumraam diere wat goed aangepas is by natuurlike omstandighede, net met die nodige minerale aanvulling.

Die kudde spog met verskeie toekennings. Die kudde was byvoorbeeld vir 12 jaar n finalis in LNR se kuddekompetisie vir die Vrystaatstreek en die afgelope 6 jaar raswenner in die Landbouweekblad/Breedplan Stoetteler van die Jaar-kompetisie, waar die kudde in 2008 en 2013 in die algehele derde plek (interras) gesevier het!

Ons passie vir die ras en ons afhanklikheid van ons Skepper vir die geleentheid, gesondheid, krag en genade wat ons van Hom ontvang, maak dat ons suksesvol met Bonsmaras kon boer.

 

 
  2014 - 2018 Hoveld Bonsmara Klub          Webblad Terme & Voorwaardes